social link
OASE Plek van Lewe

Welkom!

Ons byeenkomste is daar om ‘n geleentheid te skep waar u God te midde van u lewe kan ontmoet.

MEER OOR OASE KERK

Ons is kerk wat glo in Jesus, wat lief is vir

God & mense

Ons is ‘n kerk wat in Jesus glo, ‘n familie wat God en mense liefhet. Oorweldig deur die gawe van verlossing wat ons in Jesus gevind het,  het ons ‘n hart vir outentieke aanbidding, is passievol oor die plaaslike kerk en is op ‘n missie om God se koninkryk oor die aarde te sien.

Ons droom van ‘n Oase in ons gemeenskap, ‘n plek van redding; restourasie; aanbidding; voorsiening en genesing. Ons gemeente wil met God se genade elke huis transformeer om sodoende die groter gemeenskap van Thabazimbi te impakteer, sodat die Koninkryk van God werklik in elke faset van die samelewing gevestig kan word.

Met blydskap sal julle drink van die fonteine van redding!  Jes 12:3

 MORE INFO  

Danie, Alida en Reinhardt Stevens

Herderspaar 

T Y E Week Program

Sondag

Diens 09:00

Kinderkerk  09:00

Ander:

Woensdag: Vroue Selgroep 10:00

Donderdag: Intersessie 8:00 

Kontakgroepe deur die week 

MISSIE

DIT VERG MEER AS TOEWYDING OM ‘N KERK TE LAAT GROEI 

Ons wil elke gelowige toerus vir dienswerk.

Ons streef om in alles eg, eietyds en relevant te 

wees.

Ons wil deur omgeeverhoudings uitreik na ander.

Ons wil ‘n familie wees waar elkeen welkom is.

Ons lewe om die koninkryk van God te verkondig.

 MORE INFO

KERNWAARDES

Koninkryksfokus

– ‘n fokus op die heerskappy van Christus

Egtheid

– ‘n lewe sonder voorgee, tradisie of valsheid

Groei

– kerkgesondheid deur die groei en ontwikkeling van elke individu

Spanwerk

– waardering en respek vir die gawes van ander

Balans

– nastrewing van balans in alles wat ons doen

Uitnemendheid

– uitnemendheid in die totale spektrum van gemeentewees

Ons Geloofsbelydenis

ONS GLO:

in God, die Ewige, Drie-Enige, Almagtige Skepper en onderhouer en Heerser van die hele skepping

in God die Vader, die Outeur van die skepping en Saligheid

in Jesus Christus, die enigste Seun van God die Vader, ons Verlosser en Saligmaker 

in die Heilige Gees, wie die wêreld oortuig van sonde, geregtigheid en oordeel en ons lei in alle waarheid

in die Bybel as die Woord van God, as die gesag en wil van God

dat alle mense geskape is na die Beeld van God

in die doop in die Heilige Gees, die gawes van die Heilige Gees en dat elke Christen ‘n dissipel van Jesus moet wees

dat Jesus Christus die Hoof van die kerk is

in die doop van die gelowige soos deur Jesus Christus ingestel

in die onderhouding van die sakrament van die Nagmaal soos deur Jesus Christus ingestel

dat op die bestemde tyd deur die Vader bepaal, Jesus Christus sal terugkom om die kerk, die Bruid van Christus, te kom haal

in die Oordeelsdag wanneer Jesus Christus elkeen sal oordeel; die ewige lewe vir die gelowige en ewige oordeel vir die ongelowige

in die toewyding van kinders deur handoplegging soos deur Jesus gedemonstreer

* Die volle omskrywing van die Geloofsbelydenis is vervat in die Gemeentebeleid.